Leerders behaal optimale resultate deur ons produk te gebruik.
Kyk gerus wat ons bied.
Ons verskaf nie net 'n optimum KABV-belynde kurrikulum (CAPS) vir graad 1 tot graad 9 leerders in beide Afrikaans en Engels medium nie. Ook, verskaf ons optimum diens en ondersteuning. Saam met u sal ons verseker; u kind behaal optimale resultate.
Deur op tuisonderrig te besluit, moet dit aavaar word dat dit nie die maklike uitweg is nie. Maar dis die regte keuse indien u wil verseker u kind kry die nodige sorg en aandag wat hulle verdien.
U kind se sterk punte sal waargeneem en op verbeter kan word, ook waar daar klei getrap word, wat ekstra aandag vereis. Sodoende, leer u kind op 'n manier wat aanklank vind en optimale resultate lewer.
Die blote rede waarom u die opsie van tuisonderrig ondersoek, getuig daarvan dat u ten volle bewus is van die uitdagings wat u in 'n tradisionele onderigs omgewing kan teëkom. Bv.
Niemand ken u kind beter as u nie. Gevolge hiervan kan u verseker dat u kind teen 'n toepaslike pas werk en studeer. Op 'n manier waarmee hulle gerieflik voel en hulle betrokke graad se vereiste vakke, take, toetse en eksamens stiptelik voltooi.
Deur die verantwoordelikheid te aanvaar, moet u ook weet dat u die beste moontlike kurrikulum verskaffer kies. 'n Verskaffer wie hulle produk 100% rugsteun met optimale ondersteuning en bystand.
Sodoende u kind die beste moontlike geleentheid gee om hul wildste drome te verwesenlik.
OPTimumSA - Ons stel u kind eerste.
Kliënt kontak ons
Kliënt versoek aansoekvorm
Kliënt besorg voltooide vorm en nodige dokumente aan ons terug
Aansoek word goedgekeur
Ons bestel boeke
(Pakket 1/2 Kliënt)
Ons stuur boeklys
(Pakket 3 Kliënt)
Leerder se instruksielêer word saamgestel
Ons stuur inhoud aan kliënt per koerier
Leerder begin met inhoud
Skakel ons.
Stuur 'n WhatsApp boodskap of e-pos.
Ons sal so gou moontlik met u in verbinding tree!
Tuisonderrig is 'n alternatief vir die bywoning van openbare of onafhanklike skole, waar 'n ouer van 'n leerder van 'n verpligte skoolgaande ouderdom tuisonderrig aan sy/haar kind/ers kan bied.
OPTimumSA bied 'n KABV-belynde kurrikulum (CAPS) soos voorgeskryf deur die Departement van Basiese Onderwys.
Doen aansoek by die hoof van u provinsiale onderwysdepartement om u kind vir tuisonderrig te registreer.
Besoek die webwerf van die Departement van Basiese Onderwys deurHIERte kliek om meer inligting te kry.